Walkersons Trout and Nature Haven W111
- Kapasiteit: 6 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Santa-weg, Walkersons Private Estate, Dullstroom, 1110, Mpumalanga
- Vanaf R3 530 per nag, vir 6 mense
Beskrywing
Walkersons Trout and Nature Haven W111 bied selfsorgverblyf in die Walkersons Private Estate en is in die Lunsklipvallei, net 10 km buite Dullstroom, geleë. Die landgoed spog met uitstekende forelhengelgeleenthede, asemrowende uitsigte, asook voetslaan- en fietsryroetes.
Let dat daar tans bouwerk op die erf langsaan plaasvind. Die erf is afgesper en veilig. Die kontrakteurs hou by normale werksure en is nie oor naweke op die perseel nie.
Dié ruim huis beskik oor 3 en suite-slaapkamers en bied slaapplek aan 6 volwassenes en 4 kinders. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die ander twee kamers het elk 'n dubbelbed en 'n enkelbed vir kinders is. Elke en suite-badkamer het 'n stort. 'n Slaapbank vir kinders is in die leefarea beskikbaar.
Die kombuis is met 'n yskas, stoof, oond, mikrogolfoond en 'n ketel toegerus. Die oopplan-leefarea het 'n kaggel, sitarea en 'n eetarea. Daar is 'n privaat stoep met gas- en houtskoolbraaigeriewe. Veilige parkeerplek is in 'n toesluitmotorhuis beskikbaar.
Die landgoed het toegangbeheer en gereelde sekuriteitspatrollies vind deur die dag en nag plaas. Die huis het ook 'n alarmstelsel wat aan die sekuriteitspan gekoppel is.
Hierdie landgoed is vir sy vang-en-vrylaat-basis bekend waar gaste toegang tot 13 goed gevulde damme het wat bruin- en reënboogforel het.
Kamer-opset
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
5/5
Elresa Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 2
Op LekkeSlaap 1 jaar
Ligging
- Santa-weg, Walkersons Private Estate, Dullstroom, 1110, Mpumalanga
Sien meer verblyf in Highlands Meander Mpumalanga
- Kapasiteit: 6 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Santa-weg, Walkersons Private Estate, Dullstroom, 1110, Mpumalanga