Seek-A-More Bush
- Kapasiteit: 8 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Maroela 1032, Marlothpark, 1321, Mpumalanga
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R1 500 per nag (plek vir 8)
Beskrywing
Seek-A-More Bush is 'n lieflike selfsorghuis in die ongerepte omgewing Marlothpark 20 km vanaf die Krokodilrivier. Die huis is ideaal vir gaste wat op soek is na buitengewone ervarings.
Die eenheid bied slaapplek aan 8 gaste en beskik oor 3 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, toilet en wasbak. Die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte bed en die derde slaapkamer het 'n koningingrootte bed en 2 driekwartbeddens. Gaste deel 'n badkamer met 'n stort, toilet en wasbak. Gehaltelinne word voorsien, maar gaste moet asb. hulle eie bad- en swemhanddoeke saambring.
Die leefarea het 'n sitarea, eetarea en 'n kombuis met 'n gasstoof en -oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, kisvrieskas, tee- en koffiemaakgeriewe, eetgerei en breekware. Die sitarea het 'n gemaklike rusbank, 'n koffietafel en 'n TV. Gratis WiFi is beskikbaar. Die huis het ook dakwaaiers, losstaande waaiers en lugversorging wat met vooraf gekoopte koepons werk.
Gaste het toegang tot 'n privaat swembad, 'n stoep met 'n eetarea, 'n ingeboude braai en 'n piekniekarea. Marlothpark spog met aktiwiteite soos, bergfietsry, spabehandelings, pieknieks, restaurante en 'n winkelsentrum.
Kamer-opset
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Rolstoelvriendelik
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Groot 5
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Groot 5
- Voëlkyk
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- En-suite
- Stort
Eenheidgeriewe
- Lugversorging
- Eetkamer
- Waaier
- Klein kombuis
- Sitkamer
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Boeke en tydskrifte
- Tv
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.6/5
Lizelle Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 4
Op LekkeSlaap 1 jaar
Ligging
- Maroela 1032, Marlothpark, 1321, Mpumalanga
- Gaste dink Seek-A-More Bush het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Marlothpark Nasionale Krugerwildtuin Suid Mpumalanga
- Kapasiteit: 8 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Maroela 1032, Marlothpark, 1321, Mpumalanga
- Alle ouderdomme is welkom