Westcoast Cottages
- Kapasiteit: 4 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Boerwater-plaas, Hopefield, 7355, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R1 100 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Westcoast Cottages bied 'n lieflike plattelandse ervaring op 'n plaas net buite Hopefield. Dit is die perfekte opsie vir 'n knus romantiese wegbreek in die winter, want hierdie kothuise spog met binnebraaigeriewe.
Verblyf word in 2 kothuise wat elk slaapplek aan 2 gaste bied. Elke kothuis het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en 'n toilet. Gehaltelinne en badhanddoeke word voorsien.
Die slaaparea lei na 'n kombuisie wat met 'n tweeplaatstoof, oondjie, mikrogolf, yskassie, eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus is. Daar is ook 'n etenstafel, 'n gemaklike rusbank en 'n binnebraai.
Albei kothuis lei na stoepe met buite-etenstafels, ingeboude braaigeriewe en uitsigte oor die omliggende platteland.
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Selfsorg
Aktiwiteite Naby
- Voëlkyk
- Fietsry
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Ligging
- Boerwater-plaas, Hopefield, 7355, Wes-Kaap
- Kapasiteit: 4 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Boerwater-plaas, Hopefield, 7355, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom